DORPER Veiling Kenhardt

Veilingsprys vir Swartkop Dorper Ram

GMPTags personeel was teenwoordig met die inname van diere in Augustus 2006.

n oorspronklike aantal diere van 265 was gegradeer en goedgekeur vir die Kenhardt Dorper Veld Ram projek.

Die projek ko-ordineerder was Mnr Boetie Burger van Brandvlei, Noord Kaap

Fase Een:

Hou in gedagte dat die ramme saam in dieselfde trop gehou word vir die duur van die fase. Dus gras, veeartseny behandeling, word dieselfde bestuurbeginsels toegepas.

Na 6 maande in die veld, was slegs 168  van die 265 oor. Andere het gesterf, of was geprul agv. swak anatomiese karakter eienskappe.

Dus n aanvaardings persentasie van:

168 / 265 = 63.3 % slaag tempo mbt. die seleksie kriteria van die Dorper telersgenootskap.

Die ramme het geen byvoeding ontvang  of ekstra vertroeteling verkry gedurende die periode.

Fase twee:

Die ramme, wat nou n gemiddelde ouderdom van 13 - 15 maande met gewigte wisselend tussen 70 tot 90 kg word nou in n intensiewe voerkraal situasie geplaas vir die laaste maand.

Hoekom die ramme voer ? Die afrondingsfase vir vleisproduksie in die skaap bedryf maak gebruik van die voerkraal omgewing om optimale been, vleis groei by te voeg in Suid Afrika. Skape wat so afgerond word bereik die beste premie in die Suid Afrika mark.

Skaapvleis word nie net vir die voedingswaarde benut nie maar ook vir die smaaklikheid daarvan. Gereeld op n braaivleis of in die oond word daar gesmul aan die produk.

meer oor Kenhardt veiling.....

Fotos is verskaf deur Mnr Pierre Engels

Veilingsafslaers of Veeartse wie dalk meer wil weet oor die funksionaliteit is welkom om kontak te maak by  Veilingskraal blad

Support from GMPBasic TM 

Vals nommers sal uitgewys word en die gebruikers daarvan sal daarop gewys word om te verseker dat verkeerde nommers nie per-abuis ingetik word nie.

-------------------

Dorper Auction Page Enquiries 

Cell +27 83 630 7181

-------------------

Contact Us

 




R28 500 !


Foto 1
Swartkop Dorper Ram verkoop vir R 28 500

Mnr Daan Vermeulen van Carnarvon  (left), verkoper

Foto 2
Mnr Pieter Stofberg, koper vir die Houmoed Trust

Foto 3
Witkop Dorper behaal R 6 500

Mnr Johan van der Colf (links), Mnr Pieter Stofberg (middel),
koper vir die Houmoed Trust

Foto 4
Mnr Willie Steenkamp (KLK)

Foto 5
Ramme word in afsonderlike kampies gehou op die dag van die veiling

-------------------

Northern Cape State Veterinary offices
and GMP Livestock Planning Section

Johne's vaccination of my sheep flock 

-------------------