VLEISHANDEL

-------------------

Die afrond proses:

Afgeronde beeste word gelewer aan die slagpale. Die diere se nommers kan op twee maniere ingelees word.

1.Deur die nommers in die program in te
tik of te skandeer dmv. die USB
gekoppelde 2-D skandeerder.

2. Deurdat die vleisprodusent sy diere elektronies deur die internet na die volgende bestemming bv. slagpale toe stuur kan die slagpale operateur die inligting deur die internet intrek vanaf die GMPBasic sentrale databasis.

Nou kan die slagpale die diere se nommers gebruik en individuele slagverslae per unieke nommer allokeer. Die dier se inligting word dan aan die individuele dier gekoppel. "Misverstande" word hierdeur uit die weg geruim.

Hierdeur kan die vleisprodusent dan ook relevante mark inligting terug kry rakende sy eie diere se individuele prestasie. Die kan dan ook terug verwerk word na die MOER / VAAR en sekere eienskappe kan daardeur na-gegaan word.

Rooivleis produsente is nou in n gunstige posisie om aan te dring dat die dier se unieke nommer aangebring word op die slagstaat. Hierdie stel slagpale eienaars in staat om meer korrekte inligting aan hul produsente te lewer.

Alle diere wat positief vir BM (Brusellose) en TB (Bees tuberkulose) ge-diagnoseer is kan nou op n beheerde metodiek uit die nasionale kudde verwyder word. Die stappe kan lei tot verbeterde vleisproduksie.

Hierdie dier mag nie in "boslslagtings" geslag word nie. So ook mag die diere nie aan mede boere of dmv. veilings aan ander boere of aan voerkrale gelewer word nie. Hierdie diere moet soos  deur wetgewing regulasies slegs aan ge-akkrediteurde slagpale gelewer word.

Support from GMPBasic TM

Vals nommers word op die sentrale-databasis ge-identifiseer en gebruikers wat onkorrekte data invoer, sal opgevolg word en daaroor ingelig word.

 

Kwaliteit is verifieerbaar deur GMPTAGS

 

--------------------

Contact Us

 

 

-------------------

Verbruikers vertroue

Daar bestaan vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid Afrika, n sentrale databasis wat die bevordering van gesonde , ge-sertifiseerde en na-speurbare diere vir menslike verbruik kan lewer.

So ook kan die sentrale-data basis die verbruikers vertroue in Suid Afrikaanse rooi-vleis help beskerm en bevorder. Die gesien veral in die lig van die komende Suid Amerikaanse vleis kommoditeite wat onafwendaar is. Die vleis sal in die volgende paar jaar in die Suid Afrikaanse mark intree.



Suid Afrikaanse vleis kan hierdeur onderskei word van ingevoerde vleis. Die groeiende behoefte om produk kwaliteit te onderskryf word al hoe groter, plaaslik sowel as internasionaal. Soonose siektes kan ook beter beheer word hierdeur.

Die dieregesondheid inligting wat deur die verskeie rolspelers  bygevoeg word tot die dier kan nou ook beter deur die rolspelers benut word ASOOK deur die eind-verbruiker. Slagpale eienaars kan nou die inligting ook gebruik tot die voordeel van die verbruiker. Die GMPBasic sisteem se data verskaffing kan slagpale eienaars baie help om te voldoen aan veterinere en gesondheids standaarde. HACCP prosedures kan ook hierdeur bevorder word. 



Kwaliteit bees / lam / bok, het n langer rak lewe veral met korrekte verkoelings prosedures en kwaliteit beheer. Die kwaliteit vleis is belangrik om goeie voeding vir n gebalanseerde dieet te lewer.

GMPBasic™ het die potensiaal om te help met die verbetering en onderhoud van voedsel veiligheid m.b.t. "van plaas na bord"

Geniet u VLEIS !

 

Support from GMPBasic TM

Kontak asseblief gerus vir Rachelle van GMP Naspeurbaarheid by:

--------------------

GMP Lewendehawe Plan 

Cell +27 83 630 7181

--------------------