GMP ID Tags - AFRIKAANS

MSD Animal Health, Suid Afrika, het die voorsprong en inisiatief geneem om die verspreiderrs te wees van die Goeie bestuursprotokol (Good management protocol = GMP).

Tot datum was geen eenvormige, ge-sentraliseerde sisteem beskikbaar gewees vir die vee-sektor in Suid Afrika, waardeur die volgende sektore insette kon lewer in die veebedryf nie. (Kommersiëele, Opkomende boere, Staatsveeartseny, Wetgewing bv Suid Afrikaanse Polisie se veediefstal eenheid, voerkrale, slagpale, vleis prossesseerders, vleis handel).

MSD Animal Health glo dat die EERSTE stelsel n groot impak in die veesektor gaan hê en dat die moontlik ook n wêreld standaard gaan word.

Die oorplaaitjies is van hoê kwaliteit en word verskaf deur die wêreld leiers, ALLFLEX in Europa. Die oorplaaitjies met die bekostigbare unieke IDentifikasie sisteem is baie meer bekostigbaar as bestaande RFID ( radio frequency identification device ) tegnologie. Die EID / RFID tegnologie is huidiglik onbekostigbaar vir die meeste boere in Suid Afrika asook vir ander rolspelers wêreldwyd.

In die inleidende fase word die oorplaaitjies bekikbaar gestel dmv handelspunte by ko-operasies, privaat veeeartse, staatsveeartse.

Twee groottes oorplaaitjies is gekies as standaard.

Voorbeelde van:

Klein
Skape, Bokke, Varke, Volstruise

       Sheep    Goat    Pig    Ostrich 

 

Groot
Bees

Cow

Die MSD Animal Health verkoopsspan sal u bystaan                                                   

Waarde toevoeging:
Aantekening van u diere se gesondheidstatus, alle behandelings bv in-entings, ontwurm, dip of siekte behandelinge kan aangeteken word. Hierdie werk net soos die konsep van n kar se diens rekord.
*Gratis ( Terme & kondisies geld ) aflaaibare en bekostigbare sagteware CD is beskikbaar om tesamemet die ID Tags gebruik te word. Hierdeur word u vee deel van die elektroniese  naspeurbaarheid, Bio-sekuriteits netwerk in die land.

*Gratis aflaaibare sagteware  deur die internet.

Die sagteware gebruik met die ID tags is gratis* (Terme en kondisisies geld). Die ID tag word gebruik om u dier se besonderhede teenoor elk te laai. Elke dier se oorplaaitjie is uniek. Die nommer is gekoppel aan n sentrale databasis wat by sentrale databasis bewaar word. Oorplaaitjies kan gekoop word by deelnemende handelspunte bv Ko-operasies, Veearts praktyke, Staats veearts kantore.

Unieke individuele identifikasie is baie belangrik vir akkurate rekordhouding en finansieële bestuur.

In lewendehawe boerdery is dit krities om eenvormige groepe vroulike diere te bestuur. Verse met eenvormige ouderdom en gewig kan aanleiding gee tot verbeterde reproduksie en effektiwiteit, voeding en medisinale bestuur.

-------------------

Support and enquiries  

Cell +27 83 630 7181

-------------------

 

 

Selekteer die "Download program" knoppie op die webbladsy in GMPTAGS. Die volgende stappe hoort eers gedoen te word nadat die sagteware afgelaai is.

Die volgende stappe moet geneem word nadt al die komponente afgelaai en korrek ge-installeer is, u gebruikers naam en wagwoord (USER NAME and PASSWORD the OWNER SETUP)  asook die ligging van die diere (LOCATION SETUP) . Hierna kan die registrasie van die diere in die program begin. Gereelde data stoor (berging) via die internet na die sentrale databasis hoort deur die gebruiker toe gepass te word.

 

  • Registreer as n gebruiker, stel jou besonderhede op in "setup Page 1 & 2" in "Register New User"
  • Registreer elke dier met sy ID Tag (ID Tag vir lewendehawe versprei deur MSD Animal Health / Schering-Plough Animal Health)
  • Registreer die dier se besonderhede in "Transactions"
  • Registreer die mediese behandelinge wat toegedien is.
  • Registreer roetiene prosedures toegedien b.v. "Vaccinations, de-worming, dipping" ens.
  • Weeg diere, monitor GDT = "ADG"
    (gemiddelde daaglikse gewigs toename)
  • Registreer status van die dier b.v. "active, quarantine, dead", sold etc.
  • Verandering van eienaarskap "Change of ownership"
    (change of location)
  • Versending "DISPATCH", stuur diere se besonderhede elektronies na nuwe eienaar
  • Aanmeldbare "Notifiable diseases" rekords of EROSIE siekte aanmelding na die volgende potensieele koper ( lewendehawe eienaar, voerkraal, abattoir, vleis verwerkers = mens voedsel ketting veiligheids protokolle )
  • Veeartse kan hul klieente se lewendehawe toetsresultate registreer b.v. BM, TB of Trichomonas ens. tot die voordeel van alle lewendehawe produsente. Die sal in die toekoms al hoe meer aandring op toets resultate teenoor siektes voor die aankoop van diere. Hierdeur word risikos deur die bestaande en toekomstige eienaars vereis.
  • Ondersteun lewendehawe afslaers met die beskikbaarstelling van "lewendige" inligting vir kopers.
  • Voeg waarde deur die diere se gesondheidstatus beskikbaar te stel aan nuwe kopers.
  • Diere se eienaarskap kan by veilingskrale verrig word deur die sisteem.
  • LEWENDIGE LAAI van data via internet hoort so gereeld as moontlik gedoen te word.
  • Jaarlikse dieregesondheid programme en koste berekening asook ander bestuursfaktore is tot u beskikking d.m.v GMPTags.

Gereelde verbeteringe en opgradering word aan die program en sisteem gemaak. Dus is die stoor en berging van u data op n gereelde basis na die sentrale databasis van belang om u data te beskerm.

Gaan deur die verskillende gebruiks aspekte om u vertroud te maak met die program van wat, waar , wanneer, hoe ens. insake die eienskappe en voordele van die program.

Die program nes enige ander sgateware bied vir u meer funksies hoe meer data u in die sisteem begin stoor.

SELEKTEER die dier in die 'animal in TRANSFER ( DISPATCH )' afdeling. Voltooi die besonderhede en na wie die dier gestuur word( DISPATCHED ). Nou kan die dier/e oorgestuur word na die volgende bestemming d.m.v die internet na die sentrale databasis. Die verwysings nommer op die GMPBasic se verendings verslag word deur die nuwe eienaar gebruik om die diere weer aan sy kant in sy GMPBasic sisteem in te trek. Hierna is die diere se rekords op die vorige eienaar se sisteem gesluit.

-------------------

 

BM toetsing van die bees kuddes 

-------------------

Contact Us