Veiling

Die insette vir aflsaers is ook in ag geneem in die sisteem.

Die diere se nommers kan ook in die veilingsproses benut word. Die unieke kode word aan die aan van die dag ook op die aankoper se faktuur gewys. Hierdeur kan diere individueel ge-identifiseer word en geen "ongelukkie" plaasvind waardeur diere per ongeluk geruil word in die kraal nie. Die kraal hanteerders / bestuurders kan ook die diere oudit. Die diere se inligting kan elektronies oorgeplaas word van die vorige eienaar na die nuwe persoon gestuur word. Die sentraal ge-patenteerde databasis program bevorder die verbetering van lewendehawe boerdery en rekord houding.

Die vorige eienaar doen n versending (external DISPATCH) waardeur die diere op die heidige eienaar se rekenaar gesluit word en dmv die internet na die volgende persoon gestuur word. Hierdeur venader die sentrale datbasis status van die vorige eienaar na geslote (CLOSED). Die sisteem stuur n e-pos kennisgewing met n unieke verwysings nommer na die e-pos van die nuwe eienaar. Die inligting moet natuurlik eers deur die vorige eienaar korrek opgestel gewees het. Sodra die nuiwe eienaar die nommer deur sy eie GMPBasic ingetrek het, verskyn die diere met hulle eie inligting op die nuwe eienaar se GMPBasic program ! Hierdie inligting maak dit nou ook maklik vir die Staats veeartseny en privaat veeartse om meer direk by die bestuur van u vee betrokke te raak. In die nabye toekoms vermoed ons dat die sisteem ook nasionaal deur die staat gebruiik sal word veral m.b.t. BIO-SEKURITEIT, die beweging van diere van plaas na plaas, veilingskraal, voerkraal, slagpale ens.

Potensieële aankopers kan nou en in die toekoms aanvra oor die diere se gewigte voor versending van die plaas af

Valse nommers kan nou deur die sisteem ge-oudit word. Verkeerde of valse nommers word deur die sisteem waargeneem en die gebruikers daarvan word ingelig en / of na-gevolg.

 

Veiling

Vals nommers sal uitgewys word en die gebruikers daarvan sal daarop gewys word om te verseker dat verkeerde nommers nie per-abuis ingetik word nie.

-------------------

Veiling Bladsy Navrae 

Cell +27 83 630 7181

-------------------

www.beeswinkel.co.za

www.akock.co.za

www.vleissentraal.co.za

www.bkb.co.za

www.gwk.co.za

 

n Tipiese veilingsdag

       

 

Die bod word gesluit op !!!  
" Koper nommer 52 teen R2 500 per kop" !
The health status of cattle at auction pens may now also become more available to those in the need.

Die gesondheidsstatus van lewendehawe kan nou ook beskikbaar word by veilingskrale wat deel word in die waarde ketting !

Veeartseny toetse wat op diere / kuddes / troppe skape ens gedoen word is nou n realiteit deurdat die inligting elektronies saam met die dier kan gaan. n Sogenaamde e-data in die lewendehawe sektor. Hierdie platvorm gee vir die opkomende, kommersieële boer, veilingskraal afslaer, voerkraal, slagpale, privaat veearts, staatsveearts ens almal die geleentheid om op n gemeenskaplike platvorm te deel tot voordeel van die hele lewendehawe sektor.

Hierdie ID Tag kan ook n bydrae lewer tov. beheer by veilingskrale en om veediefstal te help beperk deur die bewys van die dier se unieke, gereistreerede identifikasie nommer.

Die platvorm skep die geleentheid dat afslaers, vir die eerst keer dmv tegnologie op n gemeenskaplike platvorm (nie net stoettelers nie) vir opkomende, bestaande veeboere waarde toevoeging kan lewer. Die sal n onderskeidende faktor word vir veilingskrale wat hul standaard kan verhoog al dan nie. Aankopers kan ook hierdeur meer "waarborg" kry vir die "produk" se kwaliteit waarvoor hulle BAIE geld betaal. Hierdie sisteem SAL meer waarde in terme van verkoopsprys en "waarborge" oor die dier se welstand lewer NOU en in die toekoms.

 Afslaers en veeartse wat hul dienste  op die webtuiste wil adverteer kan die e-pos adres of kontak besonderhede gebruik vir verdere inligting.

 

-------------------

Veiling Bladsy

-------------------

Contact Us