|
OMTRENT ONS
AFRIKAANS
Deur die implementering en gebruik
van die GMPBasic gepatenteerde
lewendehawe identifikasie,
naspeurbaarheid en lewendehawe
bestuursprogram word inligting op n
sentrale databasis geplaas. Hierdie
word n internasionale sisteem
waardeur sekuur en unieke kodes per
dier geverifeer word deur die
relevante en gemagtigde landbou
departement sowel as wetgewings
liggame. Hierdeur kan bevestig word
wie die wetlike eienaar is van die
spesifieke dier, lewendehawe
kommoditeite. Hierdie selfde
databasis kan ook gebruik word vir
die naspeurbaarheid van aantekeninge,
naspeur, en beweging van landbou en
lewendehawe kommoditeite, DNS (DNA)
inligting, navorsing data, siekte
uitbreek en beheer.
------------------------------
Om die eienaar
van die dier sover moontlik te
beskerm, het die patenthouers n
UNIEKE oorplaatjie gepatenteer wat
dmv menslike en/of masjien leesbare
kode te kan lees. Die is in
kombinasie met n peuter-sigbare, nie
herbruikbare oorplaatjie, soos bv.
die deur ALLFLEX aan GMPBasic
verskaf. Hierdie unieke nommers is
reeds gekoppel aan n sentrale
databasis waardeur verifikasie van
die oorplaatjies gedoen word.
------------------------------
In verband met navrae
oor die Sagteware,
Skandeerders, Kostes ens
en algemene inligting
indien u kommentaar het,
stuur gerus deur hier te
kliek
------------------------------
|
GMP Traceability Solutions is n besigheid wat
eerstens fokus op die bestuur van diere m.b.v n
identifikasie en sagteware program wat in Suid
Afrika ontwikkel is. Die program se hoof fokus
is om naspeurbaarheid van prosesse, produkte en
diere bestuur te akkommodeer.
Ons bied verder ook dienste aan boere,
veilingskrale, voerkrale en slagpales wat die
roete van n volwaardige naspeurbaarheid proses
wil implementeer
Lewendehawe finansiering en versekering kan ook
bekom word deur met ons kontak te maak vir
verdere besonderhede
------------------------------
Die databasis word deur n betroubare derde
party onderhou, UNISYS.
Dit vergemaklik die proses van
naspeurbaarheid van diere van een punt na n
volgende punt sonder dat produsente en
rolspelers in die lewendehawe bedryf hierdeur
belas word. Deur gebruik te maak van n
Skandeerder word die oorplaaitjie se UNIEKE
nommer binne in die sagteware program in die
rekenaar (Lessenaar Werkstasie of skootrekenaar)
ingetrek. Die gebruiker kan dan verder data oor
die diere/e laai soos en wanneer daar met diere
gewerk word. Hierdie inligting kan dan per
INTERNET na die sentrale databasis opgestuur
word. ONTHOU, die skandeerder MOET aan n
rekenaar gekoppel wees. Die skandeerder lees
slegs die oorplaatjie se NOMMER en is nie n
mobiele rekenaar nie.
Deur die gebruik van ons sagteware en sentrale
databasis bied ons ook naspeurbaarheid en
verifikasie funksies aan vir die volgende diere
groepe:
- Perde
- Honde
- Katte
- Wild
- Voeels
- Reptiele
------------------------------

|