|
VLEISHANDEL
-------------------
Die afrond proses:
Afgeronde beeste word
gelewer aan die slagpale. Die diere se nommers
kan op twee maniere ingelees word.
1.Deur die nommers in die program in te
tik of
te skandeer dmv. die USB
gekoppelde 2-D
skandeerder.
2. Deurdat die vleisprodusent sy diere
elektronies deur die internet na die volgende
bestemming bv. slagpale toe stuur kan die slagpale
operateur die inligting deur die internet
intrek vanaf die GMPBasic sentrale databasis.
Nou kan die slagpale die diere se nommers
gebruik en individuele slagverslae per unieke
nommer allokeer. Die dier se inligting word dan
aan die individuele dier gekoppel. "Misverstande"
word hierdeur uit die weg geruim.
Hierdeur kan die vleisprodusent dan ook
relevante mark inligting terug kry rakende sy
eie diere se individuele prestasie. Die kan dan
ook terug verwerk word na die MOER / VAAR en
sekere eienskappe kan daardeur na-gegaan word.
Rooivleis produsente is nou in n gunstige posisie
om aan te dring dat die dier se unieke nommer
aangebring word op die slagstaat. Hierdie stel
slagpale eienaars in staat om meer korrekte
inligting aan hul produsente te lewer.
Alle diere wat positief vir BM (Brusellose) en TB (Bees
tuberkulose) ge-diagnoseer is kan nou op n
beheerde metodiek uit die nasionale kudde
verwyder word. Die stappe kan lei tot verbeterde
vleisproduksie.
Hierdie dier mag nie in "boslslagtings" geslag
word nie. So ook mag die diere nie aan mede
boere of dmv. veilings aan ander boere of aan voerkrale
gelewer word
nie. Hierdie diere moet soos deur
wetgewing regulasies slegs aan ge-akkrediteurde
slagpale gelewer word.
Support from GMPBasic TM
Vals nommers word op die
sentrale-databasis ge-identifiseer en gebruikers
wat onkorrekte data invoer, sal opgevolg word en
daaroor ingelig word.
--------------------

|
|
-------------------
Verbruikers vertroue
Daar bestaan vir die eerste
keer in die geskiedenis van Suid
Afrika, n sentrale databasis wat
die bevordering van gesonde ,
ge-sertifiseerde en na-speurbare diere vir
menslike verbruik kan lewer.
So ook kan die sentrale-data
basis die verbruikers vertroue
in Suid Afrikaanse rooi-vleis
help beskerm en bevorder. Die
gesien veral in die lig van die
komende Suid Amerikaanse vleis
kommoditeite wat onafwendaar is.
Die vleis sal in die volgende
paar jaar in die Suid Afrikaanse
mark intree.

Suid Afrikaanse vleis kan
hierdeur onderskei word van
ingevoerde vleis. Die groeiende
behoefte om produk kwaliteit te
onderskryf word al hoe groter,
plaaslik sowel as internasionaal.
Soonose siektes kan ook beter
beheer word hierdeur.
Die dieregesondheid inligting
wat deur die verskeie rolspelers
bygevoeg word tot die dier kan
nou ook beter deur die rolspelers
benut word ASOOK deur die eind-verbruiker. Slagpale eienaars
kan nou die inligting ook
gebruik tot die voordeel van die
verbruiker. Die GMPBasic sisteem
se data verskaffing kan slagpale
eienaars baie help om te voldoen
aan veterinere en gesondheids
standaarde. HACCP prosedures kan
ook hierdeur bevorder word.

Kwaliteit bees / lam / bok, het
n langer rak lewe veral met
korrekte verkoelings prosedures
en kwaliteit beheer. Die
kwaliteit vleis is belangrik om
goeie voeding vir n
gebalanseerde dieet te lewer.
GMPBasic™ het die potensiaal om
te help met die verbetering en
onderhoud van voedsel veiligheid
m.b.t. "van plaas na bord"
Geniet u VLEIS !
Support from GMPBasic TM
Kontak asseblief gerus vir
Rachelle van GMP Naspeurbaarheid by:
--------------------
GMP Lewendehawe Plan
Cell +27 83 630 7181
-------------------- |