DORPER Veiling Kenhardt
Veilingsprys vir Swartkop Dorper
Ram
GMPTags personeel
was teenwoordig met die inname van diere in
Augustus 2006.
n oorspronklike aantal diere van 265 was gegradeer en
goedgekeur vir die Kenhardt Dorper Veld
Ram projek.
Die projek ko-ordineerder
was Mnr Boetie Burger van Brandvlei, Noord Kaap
Fase Een:
Hou in gedagte dat die
ramme saam in dieselfde trop gehou word vir die
duur van die fase. Dus
gras, veeartseny behandeling, word dieselfde
bestuurbeginsels toegepas.
Na 6 maande in die veld,
was slegs 168 van die 265 oor. Andere het
gesterf, of was geprul agv. swak anatomiese
karakter eienskappe.
Dus n aanvaardings
persentasie van:
168 / 265 = 63.3 % slaag
tempo mbt. die seleksie kriteria van die Dorper
telersgenootskap.
Die ramme het geen
byvoeding ontvang of ekstra vertroeteling
verkry gedurende die periode.
Fase twee:
Die ramme, wat nou n
gemiddelde ouderdom van 13 - 15 maande met
gewigte wisselend tussen 70 tot 90 kg word nou
in n intensiewe voerkraal situasie geplaas vir
die laaste maand.
Hoekom die ramme voer ?
Die afrondingsfase vir vleisproduksie in die skaap
bedryf maak gebruik van die voerkraal omgewing
om optimale been, vleis groei by te voeg in Suid
Afrika. Skape wat so afgerond word bereik die
beste premie in die Suid Afrika mark.
Skaapvleis word nie net
vir die voedingswaarde benut nie maar ook vir
die smaaklikheid daarvan. Gereeld op n
braaivleis of in die oond word daar gesmul aan
die produk.
meer oor Kenhardt
veiling.....
Fotos is verskaf deur Mnr Pierre
Engels
Veilingsafslaers of
Veeartse wie dalk meer wil weet oor die
funksionaliteit is welkom om kontak te maak by
Veilingskraal blad
Support from GMPBasic TM
Vals nommers sal uitgewys word
en die gebruikers daarvan sal daarop gewys word
om te verseker dat verkeerde nommers nie per-abuis
ingetik word nie.
-------------------
Dorper Auction Page Enquiries
Cell +27 83 630 7181
-------------------

|
R28 500 !

Foto 1
Swartkop Dorper Ram
verkoop vir R 28 500
Mnr Daan Vermeulen van Carnarvon
(left), verkoper

Foto 2
Mnr Pieter Stofberg, koper vir die Houmoed Trust

Foto 3
Witkop Dorper behaal R 6 500
Mnr Johan van der Colf (links),
Mnr Pieter Stofberg (middel),
koper vir die Houmoed Trust

Foto 4
Mnr Willie Steenkamp (KLK)

Foto 5
Ramme word in afsonderlike
kampies gehou op die dag van die
veiling
-------------------
Northern
Cape
State Veterinary offices
and GMP Livestock Planning Section
Johne's vaccination of my sheep flock
-------------------
|